Home

Wat is lekkerder as geliefdes wat saam om ’n mandjie vergader en weglê aan vars, tuisgemaakte kos?

Vanuit my kombuis kom ’n verskeidenheid mandjies, elkeen spesiaal ontwerp om jou en jou geliefdes te bederf. Langs die see, by die huis, op die pad. Lekker kos is nooit te versmaai.

Die verskeie mandjies:

Die piekniekmandjie: Dis piekniek kos. Maklike vingerete kos. Happies wat uitgekies en voorberei is sodat dit gerieflik langs die see, by die huis of op pad geniet kan word sonder dat jy eetgerei benodig.

Die kosmandjie – Ma / vroulief se dag af: Lekker kos wat in die oond of mikrogolf verhit kan word sonder dat ma of vroulief heel dag moes sloof om dit op die tafel te kry. Elke ma en vrou verdien immers om ook af te wees wanneer die naweek of vakansie aanbreek. Sy staan daagliks agter die stoof om almal se magies vol te maak, so bederf haar ook bietjie met ’n dag af.

Die teetyd-mandjie: Wie soek nie na iets lekker om te eet met tee- of koffietyd nie? Hier beproef ek verskeie soet en sout happies vir teetyd.

Die geskenkmandjie: Dis die gee van ’n geskenk wat gebruik en geëet kan word. Dis die gedagte, nie die prysplakker wat tel. Tuisgemaakte lekkernye en snuisterye met ’n paar bruikbare items om die geleentheid te onthou. Gee ’n unieke geskenkmandjie met ’n bietjie insette van jou.

Die vakansiedag/spesiale dag mandjie: Kersfees. Paasfees. Moedersdag. Vadersdag. Dis ’n piekniekmandjie, maar met spesiale kos of kenmerkende bederfies van die betrokke datum.Die geskenk mandjie: Dis die gee van ’n geskenk wat gebruik en geëet kan word. Dis die gedagte, nie die prysplakker wat tel. Tuisgemaakte lekkernye en snuisterye met ’n paar bruikbare items om die geleentheid te onthou. Gee ’n unieke geskenkmandjie met ’n bietjie insette van jou.

Wat is nuus

’n Nuwe begin

Ek gaan julle nie verveel met die besonderhede van hoe ek tot hier gekom het nie. Julle kan meer daaroor lees op die Feite & geite bladsy. Hierdie plasing gaan oor hoeveel ek dit geniet om dit te doen. Teen hierdie tyd weet julle seker al dat enigiemand wat in spyseniering ingaan van kosmaak moetContinue reading “’n Nuwe begin”

Om huisvrou te wees

Ek het oornag in ’n huisvrou verander en ek het nuwe bewondering vir elke huisvrou daar buite. Ek moes myself besig hou terwyl die wêreld om ons inmekaar tuimel a.g.v Covid-19 en ons geduldig moes wag vir nuwe werk om op die horison te verskyn. En dis makliker gesê as gedaan. Kyk, om besig teContinue reading “Om huisvrou te wees”

Ontvang nuus van die nuutste gebeure.

Create your website at WordPress.com
Get started